Ek soek na jou wanneer die wind se ligte briesie my gesig begin streel.

Ek probeer jou vind in die oomblikke waar stilte my gedagtes wegsteel.

Ek hoor nog partykeer jou stem, alhoewel ek weet dat ek my verbeel.

Deur die trane van my hartseer raak dinge vir my partykeer net te veel.

Ek sal ‘n ewigheid se pyn deurmaak om nog net een oomblik saam met jou te kon deel.

Waar kan ek jou vind terwyl jy nou in die doderyk se landskap speel?

Sagkens kom die besef dat in die diepste geheime gedagtes van my siel, bly jy heel.

Loading...