As ek maar net nog een keer vir jou ‘n boodskap kon gee, sou dit soos die volgende klink.

Ek sou vir jou vertel van ‘n persoon wat meer deel van my was as my eie vlees.

My woorde aan jou sou vir jou verduidelik dat ek ongelooflik dankbaar was vir jou in my lewe.

My stembande sou juig oor die tyd wat jy saam met my spandeer het.

Jou ore sou my hoor sê dat ek selfs die slegte tye nie sou wou verander nie.

As ek maar nog net een keer vir jou ‘n boodskap kon gee, maar nou is jou liggaam koud,

en “as” bly maar net verbrande hout…

Loading...