Verligting wat skuil agter die veiligheid van jou oё, voer my weg na ‘n tydlose plek.

Tussen ‘n mengelmoes van magtelose woorde, smelt my persepsie van “jy” en “ek”.

Emosies, twyfelings, en gebrekkige gemoedstoestande raak verlore en begin weg te kwyn.

Lig, konneksie en wesenlike welgemoed vervang die wanbegrip wat soos ‘n donker nag met sonsopkoms verdwyn.

Die antwoorde van die heelal en die bestaan waarin ons onsself bevind, raak so duidelik soos die blydskap en onskuld wat straal deur die glimlag van ‘n opregte gelukkige kind.

In hierdie plek waar die verlede, toekoms en hede soos een manifesteer, sal ek my geheue anker wanneer die walglike werklikheid van die lewe se seer, my hele wese probeer verteer.

Loading...