Partykeer voel dit asof die hele wye wêreld se wiele afkom.

So nou en dan voel dit verwaand om te dink die heelal gee om.

Somtyds raak dinge net te erg en dan voel dit asof oorlewing net te veel gaan verg.

Tydelik gebeur gebeurtenisse wat my siel net na staar en dan word my lyf sommer naar.

Hier en daar begin my gedagtes weer ‘n anker kry en dan voel ek sommer vry.

Soms gly daardie ongelooflike goeie gevoel reg by my verby.

 

Partykeer voel dit asof die almagtige my ‘n oneindige liefde laat ervaar.

So nou en dan voel dit voorwaar asof ‘n wesenlike krag my beskerm en bewaar.

Somtyds raak dinge net te goed en dan voel ek soos ‘n eindelose put vol moed.

Tydelik gebeur gebeurtenisse wat my siel laat staar en dan voel my lyf die heelal se plan is agtermekaar.

Hier en daar begin my gedagtes versuip in maal waters van negatiwiteit.

Soms swem ek verby dit en fokus op die huidige realiteit.

Wisselvalligheid sal altyd kom en gaan, maar die deel wat dit kan oplet en kan laat gaan, is die deel waarin ek my anker sal vasslaan.

Loading...