Gesprekke wat die hele wêreld laat stilstaan,

het nou verdwyn uit die voortbestaan waarin ek nou moet aangaan.

Gedeeltelike genot skyn deur die gedagtes van ‘n blye hart,

maar daardie lig word vinnig geblus deur ‘n donker smart.

Hoe moet ek aangaan, wanneer my hele wese besig is om weg te kwyn?

Waar vind ‘n mens ‘n pragtige stem wat soos mis voor die son verdwyn?

Soggens word ek wakker, opgewonde om ‘n droom met jou te deel,

maar vinnig word ek terug aarde toe geruk uit die fantasie waarin ek speel.

Die dae gaan aan en tyd staan partykeer doodstil.

Onwillekeurig word ek ingehok deur die beperkinge van ‘n onbeperkte wil.

Ek smag na enige ontvlugting, hetsy die Ooste, Weste, Suide of Noorde,

maar in die donker dieptes van die dood is al wat gehoor word, verlore woorde…

Loading...