Om opreg en eerlik te wees oor die dood en die lewe, beweeg mens na ‘n diepere hunkering om net te mik na vrede.

Vrede se lig word verduister onder die menigte paaie wat manifesteer deur die mensdom se doen en late.

Tydens al hierdie gebeure op ‘n planeet wat ons noem aarde, kan ons vind ons verdwaal makliker as ‘n enkellopende siel in a donker nag op vreemde, verlate strate.

Die gevoel van magteloosheid wemel in die gedagtes van mense wat net met ‘n noue visie kyk.

So begin om stap vir stap jou perspektief te verbreed en om stadig jou lewe te verryk.

Vind genot in die kleinste dele van die bestaan en hou jou vrae pertinent om groei voort te laat gaan.

Wie, in hulle regte brein, kan met alle intelligensie verseker sê dat een van ons die reuk van reën besit?

Ons wil alles beheer in plaas van om dit te waardeer, so ‘n pad kan net opeindig in seer.

Begin om onmiddellik dankbaarheid te stuur vir elke lewensondervinding en elke lewenskwaal, want in die spasie tussen jou persoonlike hemel en hel, is waar blydskap dwaal.

Loading...