Wanneer my hart breek en deur my oë begin bloei…

Wanneer my hele wese vir vrede begin stoei…

Wanneer daar twyfel en ellende in my gemoed begin groei…

Wanneer minderwaardigheid my vreugde verknoei…

Sal ek vasslaan en die aanskouer wees.

 

Wanneer my hart oorstroom van liefde en soos ‘n blom begin bloei…

Wanneer my wesenlike volmaakte vrede volstoom uitbroei…

Wanneer ek aansterk en my twyfel ontgroei…

Wanneer ek pas in die heelal en my aanvaarding begin vloei…

Sal ek vashou aan die aanwesige gees.

Loading...