Wanneer die nag opdaag en ek sit alleen met my gedagtes, hoekom gaan speel hulle in die donkerste dele van my gemoed?

Hoe weet ek of hulle my eie is en wat hulle alles behels?

Kan hulle my doodmaak, my siel blus en soos ‘n vyandige met my gesels?

Weer en weer vervoer hulle my weg tot in die spasie waar ek net kan swyg. In die skemer van my welgemoed voel dit asof die hulpeloosheid styg.

My kwaad vir haat reis op na punt waar my hele wese wil ontplof, is ons regtig niks meer as sorgsaam ontwerpte siele in ‘n kokon van stof?

Jy en ek, wat maak ons in hierdie omwentelende plek?

Wanneer my gedagtes in die donkerste dele van my gemoed gaan speel, het ek geleer om dit toe te laat vir ‘n wyle, want uiteindelik sal hulle hulself verveel.

In daardie spasie en enkele oomblik van doelloosheid, skyn die lig van die liefdeslewe se lankmoedigheid deur.

Vertroue in die vorm van ‘n sagte sinvolle stem, spreek my aan, en in een sin word my donkerte weggeslaan…

Jou skepper en jy is altyd een, so waar jy jouself bevind, selfs in jou diepste seer en hel, kan jy net onthou, ek en jy is vir altyd en ewig, deur liefde saamgestel…

Loading...