Hoeveel kere het jy al gewonder of jy ‘n regte besluit gemaak het?

Hoeveel keer kon jy nie al oor sekere besluite terugdink en wonder of jy die regte ding gedoen het nie?

Daar is ‘n groot krag in die teenwoordigheid van ‘n keuse, maar dit kan ook nadelig wees wanneer jy nie jouself leer om ‘n besluit te neem nie. Dit is ‘n algemene ding vir die gedagtes om ‘n probleem wat in die verlede gebeur het, daar te gaan oplos.

Ongelukkig bestaan die probleem nie meer in die verlede nie, maar wel in jou gedagtes en in jou gemoed. As jou denkpatrone jou om die bos lei om te dink jy kan die probleem in die verlede gaan oplos, is dit waar jy die krag van jou keuses kan bewerkstellig.

Jy sien, jy is geskape met ‘n ongelooflike brein wat jou toelaat om soveel dinge te doen. Die brein dien jou in maniere wat jy nie eers van weet of bewus is nie.

Een van daardie dinge is die vermoë om te kan fokus.

Wanneer ‘n probleem uit die verlede opdaag en jy moet sit met al die emosies daar rondom, begin om jou fokus in te bring en met al jou sintuie op te let wat rondom jou is.

Wanneer jy so minuut of twee alles in jou omgewing met soveel van jou sintuie as moontlik ingeneem het, herroep dan daardie gedagte wat jou gepla het om soos ‘n ou vriend langs jou te kom sit dat julle die pad vorentoe kan beplan.

Jou interne wêreld raak verrykend interessant wanneer jy dit as ‘n vriend gebruik.

Jy is baie bekwaam om die keuse te maak om nie die verlede met die hede te verwar nie, maar wel om die verlede met die hede te vergelyk, daaruit te leer, en dan uit die ervaring uit te groei.

So, wanneer ‘n besluit jou kniehalter en die tyd raak min, neem die besluit met volle vertroue dat jy agterna heeltemal sal kan hanteer wat gebeur.

Daar is nie verkeerde besluite nie, net groeiprosesse.

Loading...