Meeste mense wat die woord Hipnose hoor, se gedagtes gaan direk na vertonings wat hulle al gesien het waar mense snaakse dinge doen ter aanskouing van ‘n weggevoerde skare.

Dit is algemeen dat hulle dan natuurlik hierdie ervaring sal koppel aan Hipnose vir terapeutiese doeleindes.

Dit is waar dat daar in al twee hierdie modaliteite Hipnose gebruik word, maar wat is hierdie Hipnose nou eintlik?

Net soos meeste mense ‘n stuk gereedskap kan bekom, is dit heel maklik om Hipnose toe te pas.

Inteendeel, dit is die maklikste vaardigheid om aan te leer tydens die proses om as ‘n terapeut opgelei te word. Maar ook soos meeste mense wat nie weet wat om met ‘n stuk gereedskap te doen as hulle nie opgelei word in die gebruik daarvan nie, is dit gelykstaande aan die verskil tussen Hipnose en Hipnoterapie.

Hipnose is nie Hipnoterapie nie. Hipnose is die gereedskapstuk en Hipnoterapie is die vaardigheid om met daardie gereedskap stuk te werk.

Hier is 3 groot wan-persepsies van Hipnose as ‘n terapeutiese modaliteit…

Jy is onder beheer van die terapeut:

Jy sal nie dinge kan doen wat teen jou eie persoonlike morele waardes gaan nie. ‘n Sessie behoort gemaklik te wees en jy sal nie voel dat jy enige iets teen jou wil moet doen nie. Die tipe werk wat dit vat om mense se morele waardes te verander en teen hulself te werk is ongelooflik intensief. Alhoewel dit moontlik is, is dit nie die skuld van Hipnose nie, maar wel die mense wat dit toepas vir sulke doeleindes.

Jy is swak as jy gehipnotiseer kan word:

Baie top sportmense gebruik hipnose. Hulle is definitief nie swak nie en hulle het definitief goeie breinkrag en fokus. Dit feit dat net mense wat swak is onder hipnose gesit kan word, is ‘n groot wanindruk. As dit gesien word as swak wanneer iemand leer hoe om hulle eie talente te gebruik, dan is dit ‘n oordeelsfout en het niks met die feite te doen nie.

Die vrees dat daar kan dinge uitkom wat jy nie wil deel nie:

Hierdie is net ‘n geldige vrees as jou terapeut nie jou informasie vertroulik hou nie en as jy dink dat jou terapeut jou gaan oordeel. Die situasie moet gemaklik wees vir jou om enige iets te deel. As dit iets is wat teen die wet is of gevaar inhou vir ander, dan is dit die terapeut se plig volgens sy of haar etiek, om dit te rapporteer.

Hipnose werk, hipnose in die regte hande en vir die regte doeleindes, werk uitstekend. Maak ‘n ingeligte besluit voordat jy oordeel wat vir jou kan werk en wat nie.

Loading...