Daar is nie meer langer ‘n twis of Hipnose werk of nie werk nie, dit werk, maar werk dit vir almal?

Daar is niks behalwe die dood wat vir almal werk op hierdie planeet nie. Met Hipnose as ‘n terapeutiese proses, het almal darem ‘n goeie kans om hulle probleme op ‘n baie meer bemagtigende manier te hanteer en te oorkom.

Kom ons kyk wat studies al ontdek het van hierdie proses wat ons noem Hipnose*:

Pyn:

Vrywilligers wat bereid was om gehipnotiseer te word was 50% meer in staat om pynlike stimulus te hanteer(Faymonville et al. 2006)

Die bogenoemde studie het d.m.v skanderings prosesse gewys dat stimulus in die brein waar emosionele en gedragspatrone verander a.g.v pyn, gedemper was. Dit beteken dat Hipnose nie net kan help met fisiese pyn nie, maar ook dus met emosionele pyn en trauma.(Iets waarin ek in my praktyk die meeste mee te doen kry)

Party studies stel voor dat Hipnose meer effektief is as die standaard mediese pynstillende praktyke rondom geboorte gee.(Landolt & Milling, 2011)

 

Gastro-intestinale probleme:

Hierdie probleme het ‘n ongelooflike impak op mense se kwaliteit van lewe. Ten spyte van die feit dat daar oorweldigende bewyse is dat die sogenaamde “brain-gut” interaksie groot impak het in hierdie veld, is daar nie veel vordering in die mediese veld rondom die verligting van hierdie probleme nie.

As Hipnoterapie as ‘n proses vooraf verduidelik word en dan toegepas word, het dit ‘n drastiese effek op die persepsie van pyn(Mahler 2015)

 

Dermatologie

Hipnose word ook baie behulpsaam toegepas met die behandeling van velprobleme. Dit was spesifiek gebruik om dermatologie om gewoontes van krap te bekamp om genesing te bevorder.

Sonde enige newe-effekte, het sulke behandeling, gepaard met meditasie en bioterugvoering, baie positiewe resultate getoon waar ander gefaal het.(Shenefelt, 2017)

 

Depressie

Hipnose word toenemend gebruik as ‘n behandeling vir depressie en is bevind om so effektief soos sielkundige intervensies te wees t.o.v. verligting van simptome.(Milling, Valentine, McCarley & LoStimolo 2018)

Hipnose help op verskeie maniere in hierdie geval.

  • Deur die simptome te verlig, help dit om vaardighede te skep wat depressie beter hanteerbaar maak
  • Skuif die fokus van gevoelens tot gedagtes
  • Help om moeilike situasies te verwerk en anders te sien

 

Kanker:

Hipnose bied praktiese en voordelige geleenthede vir pasiënte wat besig is met behandeling vir kanker.

Dit was bevind dat Hipnose vermindering van preoperatiewe stres, angs en postoperatiewe pyn meegebring het.

Dit is nie net bekostigbaar nie, maar bevorder pasiente se gemaklikheid en verminder die herstel tydperk van narkose(Potié, Roelants, Pospiech, Momeni, & Watremez, 2016; Faymonville et al., 2006).

Kan Hipnose vir jou werk? Ek is oortuig daarvan dat dit vir almal wat hulle gedagtes kan gebruik en begrip het om te verduidelik wat aangaan, ‘n positiewe bydra kan lewer.

 

 *Positivepsychology.com

Loading...