Angsverligting

R197.00

Grootte – 28MB|Lengte 17Min

Category:

Description

Angs is ernstig. Meeste mense voel dat hulle ‘n slagoffer is van hierdie uitputtende ervaring. Jy hoef nie ‘n slagoffer te wees nie!

Daar is ‘n goeie manier om angs te bekamp en dit is om jou 5 sintuie in die oomblik in te bring om jou te anker.

Hier is hoe dit werk:

  • Kry 5 dinge wat jy rondom jou kan sien en beskryf hulle vir jouself
  • Kry 4 verskillende dinge waaraan jy kan vat en voel hoe voel hulle
  • Onderskei 3 klanke in jou omgewing en luister na elkeen
  • Vind twee reuke rondom jou en beskryf hoe hulle ruik
  • Rol jou tong in jou mond rond en beskryf die laaste smaak wat jy ervaar het

Dit is ‘n baie goeie manier om jou angs te anker en dit nie oorweldigend te maak nie.

Dit behoort baie te assisteer.

Die opname oor verligting van angs sal uitstekende bystand gee met die proses en sal behulpsaam wees om jou onderbewussyn se hulp in te roep.

Dit is soos om jou eie Hipnoterapeut te wees.

Instruksies:

  • Oorfone sal beter werk as om die sessie in die agtergrond te luister
  • Probeer om die hele proses deur te werk sonder onderbrekings
  • Maak seker jy is in ‘n gemaklike posisie terwyl jy hierna luister
  • Oë toe word voorgestel om afleidings te vermy en werk die beste vir die opname se doeleindes
  • Gee jouself so 5 minute na die tyd om rustig te verkeer
  • Probeer stimulante vermy voor die sessie (Koffie, Alkohol, Televisie ens.)
  • Vir beste resultate, gebruik dit elke dag vir ‘n week lank
  • Onthou om die 5 stap anker ook te gebruik as angs jou weer teister

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Angsverligting”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Loading...