Description

Stres is een van die grootste oorsake van siektes en dokters reg oor die planeet begin saamstem dat stres verlig moet word.

Hierdie begeleiding is ontwerp om jou stresvlakke te verlig deur jou begrip van stres op ‘n onderbewustelike vlak te verander. Stres kan as ‘n vriend gebruik word maar om dit in te sien is nie maklik nie. Hierdie 20 minute sessie sal jou kan assisteer met stres verligting.

Dit is soos om jou eie Hipnoterapeut te wees.

Instruksies:

  • Oorfone sal beter werk as om die sessie in die agtergrond te luister
  • Probeer om die hele 20 minute deur te werk sonder onderbrekings
  • Maak seker jy is in ‘n gemaklike posisie terwyl jy hierna luister
  • Oë toe word voorgestel om afleidings te vermy en werk die beste vir die opname se doeleindes
  • Gee jouself so 5 minute na die tyd om rustig te verkeer
  • Probeer stimulante vermy voor die sessie (Koffie, Alkohol, Televisie ens.)
  • Vir beste resultate, gebruik dit elke dag vir ‘n week lank

Onthou dat stres ‘n aspek van jou lewe gaan wees solank as wat jy asemhaal, maar jy hoef nie ‘n slagoffer daarvan te wees nie!

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Verligting van Stres”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Loading...