by Aiden Lottering | Nov 24, 2022 | Afrikaans, Gedigte
Ek soek na jou wanneer die wind se ligte briesie my gesig begin streel. Ek probeer jou vind in die oomblikke waar stilte my gedagtes wegsteel. Ek hoor nog partykeer jou stem, alhoewel ek weet dat ek my verbeel. Deur die trane van my hartseer raak dinge vir my...
by Aiden Lottering | Nov 24, 2022 | Afrikaans, Gedigte
‘n Verwronge beeld begin vorm rondom die afsterwe van jou. Hoe gaan ek ooit begin om te werk aan my oorweldigende rou? Liefde en lewe omvêr gewerp deur alles wat ek onthou. Kan hartseer hoegenaamd verlig word deur dit met goeie herinneringe te omvou? Al die woorde en...
by Aiden Lottering | Nov 24, 2022 | Afrikaans, Gedigte
Gesprekke wat die hele wêreld laat stilstaan, het nou verdwyn uit die voortbestaan waarin ek nou moet aangaan. Gedeeltelike genot skyn deur die gedagtes van ‘n blye hart, maar daardie lig word vinnig geblus deur ‘n donker smart. Hoe moet ek aangaan, wanneer my hele...
by Aiden Lottering | Nov 24, 2022 | Afrikaans, Gedigte
Partykeer voel dit asof die hele wye wêreld se wiele afkom. So nou en dan voel dit verwaand om te dink die heelal gee om. Somtyds raak dinge net te erg en dan voel dit asof oorlewing net te veel gaan verg. Tydelik gebeur gebeurtenisse wat my siel net na staar en dan...
by Aiden Lottering | Nov 24, 2022 | Afrikaans, Gedigte
Verligting wat skuil agter die veiligheid van jou oё, voer my weg na ‘n tydlose plek. Tussen ‘n mengelmoes van magtelose woorde, smelt my persepsie van “jy” en “ek”. Emosies, twyfelings, en gebrekkige gemoedstoestande raak verlore en begin weg te kwyn. Lig, konneksie...